Strauss & co - 2017 Highlights
32 WES-TRANSVAAL ’n Skurwe huisie uit ysterklip gekerf; ’n slap draadheining; op die stoep lê rond ’n vark, vier hoenders en ’n baster hond; ’n stowwerige kind kruip oor die werf. Die baas leun lusteloos teen die skewe hek, sy ken gestut op hande ru soos grond, sy oë sag en glansloos, stroef sy mond. Hy sug, om dan met dieper asemstrek weer oor die naakte vlakte heen te skou … Hoe staar hy so geduldiglik? Hoe het die hemel hier ’n witter, wyer blou? God het geen berge of bosse oorgehad toe hy dié land moes maak, en kon toe net die vrede van voleinding hier laat. Elisabeth Eybers 1936
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy NzIyMzE=