Strauss & co - 2017 Boerneef

2017 marks the fourth instalment of the annual August Art Month at Welgemeend, a month-long exhibition of South African art at one of Cape Town’s most renowned manor homes. The theme for this year’s exhibition is “Abstraction - South African art from the 50’s to the 70’s” and will showcase work from two important private collections, the Frank and Lizelle Kilbourn Collection and Pieter G. Colyn Collection. August Art Month is the brainchild of collector Frank Kilbourn and Stephan Welz, the former managing director of Strauss & Co who passed away in late 2015. Welz and Kilbourn shared many interests when it came to art and culture. The project they initiated, August Art Month, is framed by three key objectives: · to create awareness of and promote the rich history of Welgemeend, · to raise funds for the maintenance and restoration of Welgemeend and its historically important Boerneef Collection, and · to make art from private collections accessible for public viewing. Welgemeend is a fitting venue for this rich cultural dialogue. Situated in ‘Table Valley’ in 1693 and declared a monument in 1944, Welgemeend is owned and managed by Hoërskool Jan van Riebeeck in collaboration with the Friends of Welgemeend. This volunteer organisation provides vital support and assistance to ensure the preservation of Welgemeend. August Art Month 2017 is a collaborative initiative that draws on the energy and generosity of the Friends of Welgemeend, Caro Wiese, Frank and Lizelle Kilbourn, Pieter Colyn, Delaire Graff Estate, Hoërskool Jan van Riebeeck and Strauss & Co. Bina Genovese, Joint Managing Director, Strauss & Co The annual Welgemeend art month has become a highlight on the Kilbourn family’s calendar. It presents an opportunity for us to combine our passion for art, conservation and education. Lizelle and I enjoy sharing our art collection with our friends, fellow collectors and other art lovers. It is even more special if we, in the process, can showcase, utilise and contribute to the preservation of one of Cape Town’s most beautiful and important historic homes, Welgemeend. Situated on the grounds of Jan van Riebeeck High School, the venue is also ideally placed to facilitate the education of learners from schools in Cape Town about the importance and mesmerizing qualities of art. Die uitstalling hierdie jaar is des te meer besonders omdat ons dit saam met ’n mede versamelaar en oud-skolier van Hoërskool Jan van Riebeeck, Pieter Colyn, doen. Pieter deel ons belangstelling in abstrakte kuns van die jare 1950’s tot 1970’s en ons het baie vreugde geput uit die proses om werke te selekteer en te hang vir die uitstalling. Abstrakte kuns beloon die kyker wat bereid is om weer en weer te kyk na die samevoeging van kleur, lyn, vorm, tekstuur en komposisie… op ’n manier is dit dalk kuns in sy suiwerste vorm. In die verlede het die breë Suid-Afrikaanse publiek dit dikwels intimiderend gevind en kunstenaars het nie die ondersteuning gekry wat hul verdien het nie. Ons hoop die uitstalling gaan kunsliefhebbers ’n nuwe geleentheid bied om met vars oë die Introduction besondere werke van daardie tydvak, in al hul kleur- en vindingryke verskeidenheid, te waardeer en te geniet! Dit bly ’n voorreg om die uitstalling jaarliks te kan aanbied en fondse in te samel met die wonderlike ondersteuning van die Vriende van Welgemeend, Helena en haar span, die Kilbourn familie kantoor, Strauss & Co, Delaire Graff Landgoed, Caro Wiese en die kunsliefhebbers van Kaapstad en omstreke. Dankie daarvoor! Frank Kilbourn Dit is vir my ‘n voorreg om as oud-skolier aan die Hoërskool Jan van Riebeeck, saam met Frank en Lizelle Kilbourn, ons Abstrakte Suid Afrikaanse kunsversamelings van die 1950’s tot 1970’s ten toon te stel en om dit te deel met die Vriende van Welgemeend en ander kunsliefhebbers. Hierdie kunsuitstalling is ten bate van die bewaring van Welgemeend, wat die Boerneef boek- en kunsversameling huisves. Boerneef, destydse eienaar van die plaas Boplaas in die Koue Bokkeveld, deel met my sy destydse geografiese gebied waar ek my nou beywer vir die bewaring van ons ongeskonde natuurlike wildernis in die Swartruggens-bewaringsgebied. Hierdie uitstalling bied die geleentheid om erkenning te gee aan Suid-Afrikaanse kunstenaars wat gewerk en geëksperimenteer het met Abstraksie in die isolasie jare van 1950’s tot 1970’s. Graag bedank ek die Vriende van Welgemeend, spesifiek Helena Le Roux, wat saam met Frank en Lizelle Kilbourn hierdie uitstalling moontlik gemaak het. Pieter Colyn

RkJQdWJsaXNoZXIy NzIyMzE=